Tip:
Highlight text to annotate it
X
In 2023 sal Mars One 'n menslike nedersetting op Mars vestig.
In daardie jaar sal die eerste groep van vier mense op Mars land.
Elke tweede jaar daarna, sal nog 'n groep by die nedersetting aansluit.
My eerste indruk was dat hierdie 'n buitengewone projek is, gedryf deur mense met
visie en verbeelding. Maar my eerste reaksie was
om te *** soos enigiemand wat met so 'n idee gekonfronteer word: Dit sal nooit werk nie.
Maar kyk en luister nou 'n bietjie meer aandagtig hierna
Hierdie is 'n werklik haalbare projek.
Ek *** hierdie kan die grootste mediaspektakel ooit word
Wat deur almal op die planeet gevolg sal word.
Mense het in 1972 laas op die maan geloop.
Die mens het nog nooit so ver as Mars gevorder nie.
Mars One het 'n missieplan wat veel eenvoudiger is
as vorige ontwerpe van missies na Mars. Die belangrikste vereenvoudiging
is dat die bemanning op Mars gaan bly en leef
met die doel om die res van hul lewens daar deur te bring
Ons gaan hierdie missie by wyse van die grootste mediaspektakel ooit finansier
Die hele wêreld sal alles kan sien wat
ter voorbereiding en op Mars gebeur.
Hierdie mediaspektakel sal Big Brother maar bra vaal laat lyk.
Die hele wêreld sal hierdie reis dophou en ervaar.
Mars One het van die grootste lug-en-ruimtevaartmaatskappye in die wêreld gaan besoek.
Hulle het aan ons bevestig dat hulle
die nodige toerusting sal kan lewer.
Ons het ten minste een potensiële leweransier vir elke komponent
Elkeen van hierdie lewerensiers het hulle belangstelling in Mars One skriftelik bevestig.
Die projek sal uitsluitlik van privaatfinansiering gebruik maak.
Slegs die privaatsektor sal bydra. Geen politieke gebrabbel nie,
geen belastingsgeld sal betrokke wees nie. Slegs mense soos ek en baie ander
wat entoesiasties oor die projek is sal bydra.
Hier is die plan:
'n Kommunikasiesatteliet en voorraadmissie sal in 2016 na Mars gestuur word.
In 2018 sal 'n groot planetêre rover na Mars gestuur word.
Dit sal op Mars rondry om die beste plek vir die nedersetting te vind.
Leefeenhede, lewensondersteuningseenhede, nog 'n rover en meer toerusting sal in 2020
na Mars gestuur word
Die rovers sal die nedersetting vir die aankoms van die mense voorberei.
Hulle sal die opblaasbare deel van die leefeenheid uitpak.
Die lewensondersteuningseenheid sal hierdie buitepos vir die aankoms van die mense voorberei.
Die bemanning sal in September 2022 vertrek, op welke stadium die nedersetting ten volle operasioneel
en leefbaar sal wees.
Hulle sal in 'n transito-habitat na Mars vlieg, gekoppel aan 'n landingstuig.
Sewe maande later, in April 2023, sal die mense op Mars land.
Die volgende enorme sprong vir die mensdom!
Hierdie projek lyk na die enigste manier om die mensdom se droom van
ontdekkingstogte na die buitenste ruim te verwesenlik. Dit gaan 'n opwindende eksperiment wees.
Kom ons pak dit aan!
Mars One nooi U uit om by hierdie groot avontuur aan te sluit.
Besoek mars-one.com vir verdere informasie. Onderskrifte deur Conrad Steenkamp