Tip:
Highlight text to annotate it
X
Watter talente het jy...NIE?
OK, soms gee God ons regtig talente, maar hulle sit en wag vir ons om hulle te ontwikkel.
Hoeveel keer was jy vertel, 'Jy het SOVEEL potensiaal"?
Miskien baie keer...,maar miskien sien ander net eenvoudig nie die gawes wat God jou gegee het nie.
Gelukkig, sien God...en Hy gee goeie gawes!
Dit kan verskillende geestelike gawes, tasbare seëninge, strewes, hoop, drome wees...
Wat doen ons met die dinge wat die Here in ons hof geplaas het?
Kolosense 3:17 sê, "En watookal julle doen in woord of daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus, en so gee dank aan GOD en die VADER deur Hom."
Ses verse later, word ons geroep om alles met oorgawe te doen, met al ons krag, soos vir die Heer, en nie vir mense nie.
Jy weet, ons is veronderstel om God te verheerlik selfs wanneer ons eet en drink, so dit moet eintlik 'n ernstige strewe wees --
om ons talente te ontwikkel, om te werk na die drome wat God in ons harte geplaas het,
om ons gawes te gebruik om die Liggaam van Christus op te bou en Sy Koningkryk te verhoog.
Jesus noem die Vergelyking van die Talente in Matteus 25.
Talente was uitgegee in verskillende hoeveelhede van geld, of 'talente'.
Het jy geweet dat selfs een talent 'n baie groot som geld was?
Selfs 'n oënskynlike simpel EEN is 'n wonderbaarlike waardevolle ding.
Die getroue dienaars het hulle meester se talente geneem en dit vermenigvuldig.
Die ongetroue dienaar het dit begrawe.
God het ons SOVEEL seëninge in die die lewe gegee -- baie keer herken ons nie almal van hulle nie.
Een seën is dat God ons die lewe gegee het om te geniet,
en deel van daardie genot is om te sien dat goeie vrugte kom van die gawes en talente wat Hy ons gegee het, so MOENIE jou talente begrawe nie!
Ons kyk gereeld na die wêreld deur die gawes wat Hy in ons lewens geplaas het.
Watter gawes het jy? Hoe kan jy jou passies, jou talente, en jou vermoëns gebruik om God te verheerlik?
Of dit iets EENVOUDIG of BUITENSORIG is, God roep ons tot getrouheid.
Ontwikkel jou talente en sit jou POTENSIAAL om in KINETIES.
Werk na die drome wat God in jou hart geplaas het en vertrou op Hom om die wonderlike te doen.
In alles wat jy doen, eer die Vader, eer die Seun en eer die Heilige Gees. Amen.