Tip:
Highlight text to annotate it
X
Hallo!
Hoe gaan dit met jou?
Hallo almal, ek hoop julle het ‘n wonderlike naweek!
Jy het seker agtergekom dat jou Facebook-vriende
hul identiteit bevraagteken of hulle ‘n kameelperd is of nie.
Dit is alles as gevolg van ‘n Facebook speletjie wat ‘n raaisel beantwoord
Om te bepaal of jy ‘n kameelperd is...of nie.
Dames en here, ek is ‘n kameelperd.... Ek het die raaisel verkeerd gekry...
En as ‘n straf moet ek my Facebook profielfoto vir die volgende drie dae na ‘n kameelperd verander.
Maar jy kan ook deelneem!
Hierdie is ‘n kort video wat jou sal wys hoe om te bepaal of jy ‘n kameelperd is...
...of nie.
Die speletjie begin met ‘n Facebook status wat só gaan:
Ek het my profiel na ‘n kameelperd verander.
Ek het probeer om die raaisel te beantwoord en dit verkeerd gekry.
Probeer DIE GROOT KAMEELPERD UITDAGING!
Ek gee jou ‘n raaisel. Kry dit reg...
Hou jy jou profielfoto. Kry dit verkeerd...
Moet jy jou profielfoto na ‘n kameelperd vir die volgende drie dae verander.
Stuur jou boodskap aan TheGreatGiraffeChallenge.com
Hier is die raaisel. Luister versigtig:
Dis drie-uur in die oggend. Die voordeurklokkie lui en maak jou wakker.
Onverwagte gaste – dis jou ouers en hulle is daar vir ontbyt.
Jy het aarbeikonfyt, heuning, wyn, brood en kaas...
Wat is die eerste ding wat jy oopmaak??
As jy *** jy weet wat die antwoord is, kan jy ‘n boodskap aan TheGreatGiraffeChallenge.com stuur.
As jy dit regkry, kan jy jou profielfoto hou
En as jy dit verkeerd kry, moet jy jou profielfoto na ‘n kampeelperd vir die volgende drie dae verander.
Dan kan jy hierdie Facebook status na jou profiel sny en plak en jou vriende uitdaag!
Hoop jy het ‘n wonderlike tyd om jou vriende uit te vang!
Ek hoop jy kry die antwoord reg. Indien nie, wel, geniet dit om vir die volgende drie dae ‘n kameelperd te wees.
Ek sien jou later – totsiens!
Beantwoord die raaisel by TheGreatGiraffeChallenge.com (Dankie vir die vertaling, Lisa-Marie!)