Tip:
Highlight text to annotate it
X
Die Venus Projek bied aan
n Roxanne Meadows Produksie
Geskryf deur Jacque Fresco
Die hele geld-gestruktuurde en materialities-georiënteerde gemeenskap
is 'n valse gemeenskap
Ons gemeenskap sal bekend staan in geskiedenis as die laagste vorm van ontwikkeling van die mens
Ons het die breins, die vaardigheid, die tegnologie
en die haalbaarheid om 'n hele nuwe gemeenskap te bou.
Paradys of Vergetelheid
(Jacque Fresco) Deur die Groot Depressie van 1929 te beleef
het dit gehelp om my sosiale gewete te vorm.
Gedurende hierdie tyd, het ek besef dat die Aarde nogsteeds dieselfde plek is:
Vervaardigingsplantasies was ongeskonde en bronne was steeds beskikbaar
maar mense het nie die geld gehad om produkte te koop nie.
Ek het gevoel dat die speletjie se rëels
verouderd en onvoldoende was.
Ellende, lyding en oorlog het die aansporing vir my lewenswerk gebied.
Ek was ook gemotiveer deur die klaarblyklike onbekwaamheid van regerings,
die akademiese wêreld en die tekortkoming van oplossings deur wetenskaplikes.
Ek het besef dat eerder as om met afsonderlike persone te werk,
dit meer effektief sou wees om die hele kultuur te herontwerp..
Dit het 'n lewenstog om oplossings te vind
vir die vele probleme wat ons hedendaags ervaar, begin.
(Verteller) Hierdie aanbieding is 'n haalbare plan vir sosiale verandering
wat werk tot 'n vredevolle en onderhoubare wêreldwye beskawing
waarin mense, tegnologie en die natuur saam kan bestaan.
Dit is 'n uiteensitting om voor te strewe
waarin menseregte nie net papier proklamasies is nie,
maar 'n lewenswyse.
Dit word genoem Die Venus Projek
Die stigter, Jacque Fresco
doen 'n beroep vir die eenvoudige herontwerping van 'n kultuur waarin oorlog,
armoede, hongersnood, skuld en onnodige menslike lyding
nie net beskou word as vermydelik nie, maar totaal onanvaarbaar is.
Dit word al hoe meer duidelik dat enige iets minder as dit,
net sal veroorsaak dat die probleme wat ons tans ervaar, sal voortbestaan.
Deur net te kla en nie 'n alternatief aan te bied nie, bereik ons niks.
Die Venus Projek navors-sentrum
is opgerig deur Fresco en Roxanne Meadows
in Venus, Florida.
Dit spreek baie van die grondoorsake van ons moeilikhede aan.
Maar wat is die ware oorsaak van ons probleme?
Mislukte Stelsels
Huidiglik is daar baie min alternatiewe
aangesien ons op 'n ongelukspad van ons eie toedoen is
Antwoorde van gister is nie meer van toepassing nie.
Met betrekking tot die skade reeds aan die omgewing gedoen,
is ons vinnig oppad na die punt van geen terugkering
waarin die natuur die verloop sal bepaal
Of ons gaan voort soos ons het van tevore
met verouderde sosiale gebruike en gewoontes van gedagte,
en bedreig sodoende ons toekoms,
of ons pas 'n meer geskikte stel waardes
toepaslik tot 'n volhoubare samelewing
met meer geleenthede en vryhede toe.
Amerikaners is gekondisioneer in hul tipe samelewing
om 'n verskillende soort kar volgende jaar te bekom,
om 'n nuwe televisie stel of band opnemer te koop.
Ons is so radikaal soos dit kom, maar ons politieke en sosiale instellings
het nie verander nie en dit is waar ons stagneer,
omdat ons altyd enige nuwe idee met kommunisme of regimentasie gelykstel
omdat ons groot gemaak is om nuwe dinge te vrees.
(Verteller) Geen van die wêreld se ekonomiese stelsels:
sosialisme, kommunisme, fasisme of die vrye markstelsel
het die probleme van elitisme, nationalisme, rasisme
en meeste van al, skaarsheid, opgelos nie.
Hierdie is almal hoofsaaklik gebaseer op ekonomiese ongelykheid.
Wanneer geld gebruik word om hulpbronne te reguleer en versprei vir wins
en mense sowel as nasies uit is vir hulself,
sal hulle voordeel soek teen enige onkoste.
Hulle doen dit deur 'n mededingende voordeel te handhaaf
of deur militêre ingryping.
Oorlog verteenwoordig die opperste mislukking van nasies om hul verskille op te los.
Vanaf 'n streng pragmatiese standpunt
is dit die mees ondoeltreffende mors van lewens en hulpbronne ooit bedink.
Meeste oorloë word gevoer vir die beheer van hulpbronne
en om jou posisie van difirensiële voordeel te handhaaf.
Hulle is nie gebaseer op die 'waardigheid van die mens' nie.
Hulle is nie gebaseer op die verheffing van mense nie.
Dit mag dalk die mense verhef in die land wat gewen het.
Dit mag dit dalk doen, maar so ver as wat dit die res van die wêreld aangaan
is die prys enorme.
(Verteller) Hierdie ongeslypte en geweldadige poging om internasionale verskille op te los
neem selfs 'n meer onheilspellende toon aan
met die instandneming van gerekenariseerde kernwapen leweringstelsels
en dodelike biologiese en chemiese wapens.
Meer as 100,000 besighede voed by die Petagon trog.
Maar die groot geld gaan na 'n handvol groot korporasies.
Tog is dit 'n meevaller, geldmaak geleentheid
vir dié wat wins neem uit die militêre-industriële kompleks.
Indien die wins uit oorloë geneem word
glo jy regtig dat ons hul nog steeds sou hê?
(Jacque Fresco) As hulle jou weermag toe stuur om jou land te dien,
lê jy jou lewe af vir dié land.
Hulle moet die oorlog industrië stuur:
elke kannonmaker, masjiengeweer-maker,
voertuie, jeeps, oorlogskepe,
almal daar, sodat hulle op dieselfde grond van betaling is as die weermag.
Dan is dit eg. Maar as jy miljoene maak deur oorlogskepe
en masjiengewere aan die weermag te verkoop, dan is dit korup.
Ek sou (as ek my sê kon kry) as ons miljoene mans in die weermag gehad het,
hulle skool toe gestuur het om probleemoplossers te word,
hoe om oor die weg te kom met ander nasies. Dit is wat ons moet doen, nie dood maak nie.
Soldate is net doodsmasjiene; hulle is opgelei om dood te maak.
Ek sal hulle oplei om Mexiko toe te gaan en verskille te oorbrug
en om na die Arabiese wêreld te gaan en sien of hulle die verskille daar kan oorbrug.
So bring hulle almal tesame, al die nasies.
(Narrator) Oorlog is nie die enigste vorm van geweld wat afgedruk word op mense nie;
daar is ook hongersnood, armoede,
haweloosheid en werkloosheid.
Die aanvaring van hierdie omstandighede as ekspresief van 'menslike natuur' is 'n mite
wat gebruik word om dinge te hou soos dit is.
Die invloed van Omgewing
Gene het niks te doen met gulsigheid, besigheid of ras-benadeling nie.
Al die gebruikte stelsels in enige gemeenskap is deel van jou opvoeding:
die boeke wat jy lees, die rolmodelle wat jy volg en die mense wat jy bewonder.
Gene het niks te doen...
behalwe met die kleur van jou oë, die vorm van jou neus,
miskien geërfde kenmerke.
Die gene bepaal nie waardes nie.
Selfs al word jy met 'n beter brein as 'n ander personn gebore,
menend beter ontvangers, die kwaliteit van die weefsel is beter.
Ek sou sê dat as jy 'n beter brein het
en jy in 'n fascistiese land woon, jy vinniger 'n fascist sal word.
Die brein het geen mekanisme van diskriminasie nie.
Die brein kan jou nie vertel wat van toepassing of minder van toepassing is,
behalwe ondervinding nie.
(Narrator) Ons is nie gebore met gulsigheid, jaloesie, haat of skynheiligheid nie.
Ons optrede en waardes is 'n spieëling van die kultuur waaraan ons blootgestel is.
As jy groot gemaak is deur die kopjagters van die Amasone,
is jy 'n kopjagter.
As ek vir jou sê: "Pla dit jou nie dat jy vyf verkrimpte koppe het nie?"
dan sou jy sê: "Ja, my broer het twintig."
Is hy mal? Nee, dis normaal in sy kultuur.
Sosiale- en omgewingsprobleme sal onoorkombaar bly
so lank as wat 'n paar nasies die meerderheid van die aarde se bronne beheer
en die slotsom wins is oor die welsyn van mense.
Deur wins eerste te plaas veroorsaak dit onnodige lyding
en afwykende gedrag soos algemeen vandag voor kom
Baie mense voel dat ons die oppergesag van die gereg nodig het om ons probleme uit te wis.
Ons het baie wette, duisende op duisende van hulle
maar hulle word gedurig gebreek.
Papier proklamasies en verdrae verander nie die feite van skaarsheid,
ontneming en onsekerheid nie.
Jy kan die vorm van die toekoms en die waardes voorspel as jy kennis dra
aangaande die neigings van gebeurtenisse in die oseaan besoedeling, die skaarsheid van bewerkbare land...
As jy daardie afbrekende stelsel sien groei,
kan ek oproer en moorde en sluipmoorde voorspel.
Menslike optrede work eintlik deur die omliggende omgewing gewek
As daar skaarsheid is, sê byvoorbeeld water, is dit gesog en die prys is hoog.
Kom ons bespreek skaarsheid as 'n stelsel.
Sê dit reën goud vir omtrent 3 dae, goue stof.
Mense sal uit gaan en dit opskraap, hul kelders,
die solder, elke laai in die huis vol maak. Selfs hulle klere uitgooi.
Indien dit vir 'n jaar aanhoudend rëen tot daar orals goud is,
sal mense dit uit die huis uit vee, hulle ringe afhaal en weggooi
en so ondergaan menslike optrede verandering volgens hierdie toestand.
Daar is net 'n polisieman voor iets wat mense benodig
en nie toegang tot het nie, so jy stel 'n wag aan.
Maar as suurlemoen bome, lemoen bome en appel bome
orals gegroei het, kon jy dit nie verkoop nie.
As jy op 'n eiland opeindig wat so vol natuurlike bronne is
dat as jy 10 mense het, daar 'n duisend visse is vir elkeen wat wil hê
en daar 10 keer die hoeveelheid broodvrugte en piesangs is,
dan sal geld nooit bestaan nie.
Privaat eiendom sal nooit bestaan nie.
As die eiland groot genoeg is: daar's 10 mense, 8000 akkers
niemand sal hierdie area wil uitmerk nie.
Daar is patrone van optrede wat oorlewing bevorder.
Daar is sosiale omstandighede wat ons waardes en uitkyk verander.
Niemand kan 'n konstitusie skryf oor vereiste optrede
sonder om die omgewing in ag te neem nie.
So, ons beter die opgewing op pas,
ons beter mekaar op pas
en ons beter mense onderrig
tot die beste van ons vermoë
om sodoende 'n gemeenskap te hê.
Selfs 'n vredesverklaring kan nie nog 'n oorlog voorkom
as die onderliggende oorsake nie hanteer word nie.
Wat moontlik benodig word is etiese mense in die regering
wat sal werk na die welsyn van almal.
Maar selfs as die mees etiese mense in hoë posisies verkies word
en ons hardloop uit bronne uit, sal daar steeds leeuns,
bedrog, diefstal en korupsie wees.
Dit is nie etiese mense wat benodig word nie, maar eerder
n manier om die aarde se bronne intelligent te bestuur
vir almal se welsyn.
Sosiale Tekortkominge
Kom on beskou ons sosiale rëelings verder.
Om ons ekonomie te onderhou, moet ons produkte bly verkoop.
Om dit te verseker, word hulle doelbewus ontwerp om te verslyt en te breek.
Jy het dit moontlik agter gekom, maar dit gebeur gewoonlik
net na die waarborg verval.
Hierdie korrupte praktyk staan bekend as 'beplande onbruik'
wat die bewuste onttrekking van doeltreffendheid is.
Innoveerders gaan deur die beste skole
en word dan verwag om dinge te ontwerp wat nie hou nie,
en wat presies op tyd breek.
Die gevolg is 'n geweldige mors van bronne en energie.
Ons plunder die planeet vir wins.
As jy daaroor ***, is dit nie 'n werk wat mense wil hê nie
maar toegang tot wat hul salaris sal verskaf.
Geld stel niks eg voor nie
en daar is geen goud, silwer of bron om dit te staaf nie.
Jy kan nie geld eet of 'n huis daaruit bou nie.
Dit is nie eens verwand aan ons kapasiteit
om goedere en dienste aan die wêreld te verskaf nie.
Die geldstelsel is oorgedra deur die eeue
en ons gebruik dit steeds vandag sonder om dit te bevraagteken.
"Gee my die beheer oor 'n nasie se geld
en ek gee nie om wie die wette maak nie." Mayer Rothschild
Dié stelsel sal meer en meer automasie installeer
wat die koopmag van die meerderheid van mense sal verswak.
Daar sal 'n tyd kom (genaamd die Gaussian kurwe)
waar werksgeleenthede so lyk, produksie so lyk,
en koopmag so lyk. Die stelsel stop.
Banke misluk en niks werk meer nie.
Ons beweeg in daardie rigting teen 'n snel spoed.
- Ons het uiteindelik by 'n plek gekom in 2011
waar dit duidelik blyk dat die masjien die mens oorwin het.
- Ons is verskriklik produktief met baie minder mense.
- Ons is meer produktief as 'n ekonomie as ooit van tevore;
- 'n iPad kan meer doen as vier mense.
- Dis net dat daar minder werk is. Die werksgeleenthede wat nou bestaan
kan laer betaling hê as gevolg van klaarblyklike redes:
n Klomp mense is opsoek na 'n klein hoeveelheid werk.
Die betaling word laer; wat 'n groot impak op die middelklas het
en het 'n uitwaartse rimpeling van daar af.
Ons beweeg na 'n sosiale ineenstorting.
Ek *** dit sal wêreldwyd gebeur, en nie net hier nie.
Dit vereis nie die omverwerping van die regering nie.
Dit vereis net dat dit jy dit alleen los; dit sal die omverwerping vanself doen.
As jy die media beheer, kan jy die mense kalmeer.
Maar as die meerderheid bly werk verloor, het hulle nie koopmag nie.
Die stelsel stort ineen. Dit werk nie meer nie; hulle val binne.
Dit is reeds aan die gebeur. Hierdie land is reeds onoplosbaar.
Hulle gaan moeilikheid hê met nasionale veiligheid,
om pensioene uit te betaal.
Hulle het reeds meer spandeer as wat hulle besit.
Al wat hulle nou kan doen is om skuld te maak, meer en meer geld by banke te leen.
Ons wil ook 'n grimmige teken van ons tyd uitwys.
Dis hier naby, in die Midtown Manhattan.
Die Nasionale skuld het te groot geword vir die Nasionale Skuld Klok.
Dit was opgerig in 1989
toe die nasie se skuld minder as 3 triljoen doller was.
Die skuld het die afgelope ruk so vinnig gegroei dat hulle die doller-teken moes verwyder
om plek te maak vir 'n ekstra nommer soos die getal oorskakel
na meer as 10 triljoen doller, wat elke sekonde groei.
n Nuwe Klok met twee ekstra dele sal volgende jaar opgerig word.
Die Federale Regering word nie toegelaat om geld te druk nie.
Hulle mag nie geld uitleen - of by die Bank Sektor betrokke raak nie.
Dit is die reg van bankiere alleenlik.
So wat die regering moet doen as hulle 'n Lugmag
van 2000 vliegtuie 'n maand wil bou,
is om geld te leen deur 'n private leningsinstansie,
teken die stippellyn, en of die oorlog verlore is of misluk
val die las op die publiek om die skuld af te betaal.
"Geskiedenis toon dat die geldwisselaars elke vorm van misbruik,
konkeling, bedrog en geweld moontlik, gebruik
om hul beheer oor die regering
deur die beheer van geld en die uitryking daarvan, te onderhou." James madison
(Verteller) ons vind onself en ons sosiale konstruksies
in 'n oorganklike staat, 'n kwessie van sosiale evolusie.
As ons dit deur hierdie onstuimige tye wil maak
moet ons kan aanpas by verandering.
Alle dinge verander, insluitend ons sosiale ontwerpe.
Albert Einstein het verklaar:
"Ons kan nie probleme oplos deur dieselfde denkwyse te gebruik
wat ons gebruik het om hulle te skep nie."
Die Aarde is steeds vol bronne.
Ons praktyk om bronne te verdeel deur geldelike beheer
is nie meer van toepassing nie en is eitlik teenproduktief teenoor ons oorlewing.
Vandag het ons hoogs gevorderde tegnologieë
maar ons sosiale en ekonomiese stelsel
het nie bygehou met ons tegnologiese vermoëns nie,
wat andersins maklik 'n wêreld van oorvloed vir almal kan skep,
vry van knegskap en skuld.
Hoe kan dit moontlik wees?
Daar is nie genoeg geld om al die mense op die planeet te voed en te behuis,
nie teenstaande hierdie ambisieuse doele nie.
Maar die Aarde het meer as genoeg bronne vir al die behoeftes van al die mense
indien dit intelligent bestuur word.
n Sosiale Alternatief
(Verteller) Jacque Fresco het tot 'n oplossing gekom wat hy
'n Bron-Gebaseerde Ekonomie noem.
Dit is 'n sosio-ekonomiese stelsel waarin alle goedere en dienste
vir almal beskikbaar is sonder die gebruik van geld,
ruilhandel, krediet, skuld, of knegskap van enige soort.
Dit is nie soos enige sisteem van tevore nie.
Fresco het tot hierdie rigting gekom deur 75 jaar van studie
en eksperimentele navorsing.
n Bron-Gebaseerde Ekonomie word bedryf op grond van beskikbare bronne
en maak daardie bronne beskikbaar vir elke mens op aarde
teen geen onkoste, en sonder 'n prysmerk.
Ons beskik vandag oor meer as genoeg bronne
om 'n ver meer gevorderde gemeenskap te bou.
Ek praat nie van beperkte uitgewens sodat mense net-net bykom nie,
Ek praat van 'n hoogsgevorderde beskawing.
Ons het die bronne, ons het die tegnologie; al wat ons moet doen is om dit toe te pas.
(Roxanne Meadows) Een van die hoof kenmerke van Die Venus Projek
is om skaarsheid uit te skakel; dit is waar tegnologie van toepassing word.
Want as ons 'n Bron-Gebaseerde Ekonomie op stel
en party dinge is skaars, sal dit nie werk nie.
As jy 'n Bron-Gebaseerde Ekonomie op stel
in 'n gemeenskap wat geen bronne het nie, sal dit nie werk nie.
Met die tegnologie van vandag kan ons dinge beskikbaar maak,
skaarsheid uit skakel en oorvloed skep.
So lank as wat ons daardie oorvloed kan skep, skakel ons gulsigheid,
selfsugtigheid en baie misdaad en afwykende gedrag uit.
(Verteller) 'n Sosiale stelsel kan ontwerp word
sodat almal 'n konstruktiewe en vol lewe kan hê
indien die kragte van wetenskap en tegnologie gerig word
na menslike- en omgewingsbesorgdheid, en deur die kunsmatige skaarsheid
en deur die kunsmatige skaarsheid van ons skuld-gebaseerde geld stelsels te oorkom.
Alle mense, ongeag politiese filosofie, sosiale gebruike
of godsdienstige verskille, is uiteindelik afhanklik van dieselfde bronne:
skoon lug en water
bewerkbare land
mediese sorg en 'n toepaslike onderwys.
Ek *** dat as jy getroulikheid aan die aarde en al die mense op dit sweer
is dit die manier om die toekoms tegemoed te kom.
Die menslike spesie is een familie en die wêreld is huis aan ons almal.
Nie nasies of mense kan langer afsonderlik saamleef nie.
Geen afsonderlike nasies nie, sodat enige iemand enige plek kan gaan.
Voordat die state een geword het het hulle hul gebiede afgebaken.
Hulle het geveg, hulle het burgermagte gehad. Hulle het baklei:
"Hierdie is my gebied!" "Julle is indringers!"
Toe die state een geword het, het die regering
die grense uitgewerk en het hulle saamgestem.
Dit was die einde van gebiedsgeskille.
As jy die einde van oorlog wil hê, moet jy die Aarde as gemeenskaplike erfenis verklaar.
Ons moet al die Aarde se bronne as gemeenskaplike erfenis vir al die wêreld se mense verklaar.
Dit het niks te doen met die mense wat 'n elite wêreld orde wil vorm
met hulself en groot korporasies in beheer,
en die res van die wêreld in slawerny nie.
In teendeel, 'n wêreldwye Bron-Gebaseerde Ekonomie
stel alle mense in staat om hul hoogste potensiaal te bereik
waar hulle kan floreer en groei in 'n gemeenskap wat namens hulle werk.
n Gemeenskap wat die omgewing bewaar en behou.
Een wat verstaan dat ons deel is van die natuur, en nie afsonderlik daarvan nie.
Aansporing
(Verteller) Party bevraagteken wat sal gebeur met aansporing indien behoeftes voldoen word
sonder om te werk om hulle te bekom.
Die vraag neem aan dat mense geen ander begeertes as basiese behoeftes het nie.
As dit waar was, was daar geen uitvinders
skrywers of onderwysers nie.
Mense werk met passie aan die dinge waarin hulle belangstel of wat hulle uitdaag.
Kom ons stel alle mense in staat om die geleentheid te hê
om deel te wees van die grootste uitdaging wat 'n mens kan hê:
om die wêreld te verbeter vir almal.
Individualitiet sal beklem word eerder as eenvormigheid.
Die sosiale ooreenkoms sal 'n nuwe aansporing opwek
wat die beskerming van die omgewing en sosiale besorgdheid waardeer
eerder as die oppervlakkige selfsugtige doelwitte
van rykdom, eiendom en mag.
Dit vra nie vir eenvormigheid nie. Dit vra juis vir diversiteit:
hoe meer verskillend mense is, hoe meer individualiteit is daar.
So ons beklemtoon individualiteit, kreatiwiteit in innovasie.
Dit is die kern van ontwerp.
Dit is nie 'n groep wetenskaplikes wat vir mense sê wat om te doen,
hoe om te leef, waar om te gaan of wat om te volg nie.
Motivering en aansporing bestaan wanneer mense betekenisvolle take het.
Ware groei en ontwikkelling gebeur wanneer mense betrokke is by kreatiewe,
uitdagende en konstruktiewe pogings.
Motivering en aansporing sterf egter in die daaglikse maling
van vervelige en herhaalde werk benodig vir 'n salaris.
As jy dinge aan mense uitgee,
as jy hulle voer, beklee en behuis teen geen onkonste
dan sal hulle nie werk toe gaan in die oggend nie want hulle het dit nie nodig nie.
Hulle het hulle behuising, klere, films en vermaak.
Hoekom werk toe gaan? Werk is pynlik, eentonig en vervelig.
In die toekoms, as mense toegang het tot al hul behoeftes
maar hulle het nie uitdagings nie, is dit alles vir niks.
Mense sal konstant uitdagings gebied word.
In ons skole daag ons hulle uit met verskeie onopgeloste dinge
en daar is baie onopgeloste probleme.
As jy goed gevoed en beklee is, keer dit nie die werking van jou brein nie.
Dit sou beteken dat elke miljoenêr niks doen nie, dat dit afskakel
omdat jy al die behoeftes het. Dis nie waar nie.
Daar is baie miljoenêrs wat 18 ure 'n dag werk
en nie genoeg tyd het nie. Dit het te doen met jou agtergrond
en jou opvoeding. Hoe meer jy weet oor oseanografie, astrologie, ens.
hoe meer geïnteresseerd en lewendig is jy.
As jy net kos, klere en behuising gegee word, kan jy werk toe gaan.
Jy hoef nie te bekommer om 'n lewe te verdien nie
en jou aansporing word kenmerkend versterk.
Ek noem dit 'n nuwe en innoverende aansporing stelsel.
Nie geld-aangedrewe nie, maar probleem-oplossing aangedrewe
Jy vind bevrediging deur te sien hoe die wêreld 'n beter plek word.
Die intelligente Bestuur van die Aarde se Bronne
Hoe kan ons tegnologie op 'n wyse manier gebruik
sodat daar meer as genoeg is vir almal?
Om dit te bereik, is dit 'n vereiste dat die beplanning daarvoor
gebaseer is op die dravermoë van die planeet se bronne.
Ons hele infrastruktuur moet herontwerp
en beheer word as samehangende,geïntegreerde totale stelsels.
Dit beteken ons moet ons wêreldwye gemeenskap as een eenheid beskou
wat almal insluit, en hiervolgens beplan.
Alleenlik op hierdie manier kan ons tegnologie gebruik om bronskaarsheid te oorkom,
universele oorvloed te voorsien en die omgewing te beskerm.
Dus word wêreldwye opname benodig om presies te bereken wat ons het.
Dit sal ons fisiese bronne, personeel,
produksie sentrums en die behoftes van mense lys.
Dit stel ons in staat om die hoeveelheid goedere en dienste benodig te bereken.
Byvoorbeeld, waar bewerkbare land is om oeste te groei?
Hoeveel mense is daar in verskeie liggings
en wat is hul gesondheidstoestand?
Dit sal bepaal waar en hoeveel hospitale gebou sal word.
As jy dit vandag probeer
(vra vir 'n wêreldwye bron opname van alle nasies), sal hulle wonder
"Hoekom wil jy dit doen? Om uit te vind of ons genoeg bronne het
om jou te beveg met wapens en ander dinge?"
Hulle sal skepties wees, huiwerig om daardie informasie uit te ryk
so ek sal nie sê dat dit sal werk in vandag se kultuur nie.
Na die idees voorgestel word, die redes daarvoor
en die voordele vir alle nasies
Dit sal spesifieke voordele moet wees
wat hulle in hul eie terme kan verstaan.
As hulle instem, dan kan die opname gedoen word.
Dit is nie my opinie of iemand anders se opinie wat gebruik sal word nie.
Dit is die grote van die bevolking, die beskikbare bronne,
die draevermoë van die Aarde wat bepaal
wat gedoen word en hoe vinnig dinge beweeg.
Vandag word dit op 'n heeltemal verskillende basis gedoen
maar in die toekoms sal dit gebaseer wees
op 'n vorm van dinamiese ewewig.
Wat beteken dat alles teen volle potensiaal bedryf word
sonder omgewingsverwaarlosing.
(Verteller) Die sleutel tot oorvloed en 'n hoë lewensstandaard vir almal
is om so veel as moonlik in die kortste moontlike tyd te outomatiseer.
Maar gedurende die oorgang moet ons
die tegnologiese vermoëns van mense wat met rekenaars werk,
wat met tegnologie werk,
bou en ontwerp van maniere van aflewering van hierdie bronne,
en die nodige industriële plantasies om bronne te verwerk, saam bring.
(Verteller) Ons probleme en oplossings is tegnies, nie polities nie.
Meeste probleme kan opgelos word wanneer tegnologie en die metodes van wetenskap
gebruik word om al die mense te dien, nie net 'n gekose paar nie.
Jy moet jouself afvra wat jy wil hê.
Ek wil in 'n wêreld leef waar ek nie hoef te vrees
dat my kinders na nog 'n oorlog moet gaan,
waar daar verwaarlosing, probleme en siekte is nie.
"Weet jy hoe om daardie tipe wêreld te bou?" "Nee, ek weet nie"
Hoe begaan mens 'n bouproses? Jy doen 'n beroep op verskeie dele van die wetenskap,
bring hulle bymekaar en sê: "Hier is die probleme wat ons wil oplos."
n Wetenskaplike Regering beteken nie dat die wetenskaplikes die mense regeer of beheer nie.
Dit beteken hulle het beter vermoë om vervoerstelsels te bou
en beter vermoë om die lug skoon te maak. Hulle het die beste vermoë
om die oseane te herstel volgens huidige kennis.
(Verteller) Rekenaars kan die behoeftes van almal dien
wanneer 'cybernation' uiteindelik geïntegreer is in alle aspekte
van hierdie nuwe en veelsydige kultuur.
n Mens kan dit beskou as 'n elektroniese senuweestelsel
wat uitryk tot alle areas van die sosiale samestelling.
Hul funksie sal wees om balans
tussen produksie en verspreiding te koördineer
wat verseker dat daar nie tekortkominge en oorskryings is nie.
(Roxanne Meadows) In hierdie hoogs-tegniese gemeenskap
is besluite gebaseer op direkte omgewings-,
menslike- en industriële terugvoer.
Jy kan dit beskou as elektriese sensors
dwarsdeur die hele omgewing,
vanaf stede, fabrieke, pakhuise,
verspreidingsentrums en vervoernetwerke
wat wêreldwyd data insamel vir verbeterde besluitneming.
Die keuses word gemaak volgens die behoeftes van die gemeenskap
eerder as korporatiewe of private belangstellings.
(Verteller) Dit is nie geoutomateerde tegnologie wat ons voor versigtig moet wees nie
maar eerder die misbruik van tegnologie vir selfsugtige belang.
Onthou, dit is mense wat sal besluit op die toepassing van die masjiene.
As tegnologie nie al die mense bevry
vir die strewe van hoër verwagtinge in menslike prestasie nie,
dan is al die tegnologiese potensiaal nutteloos.
n Mens doen altyd 'n positiewe en 'n negatiewe studie
voordat jy jou by die letterlike herbouing van die omgewing betrek.
Ontwerping van die Toekoms
(Verteller) Dit is alles net woorde tensy daar 'n tegniese plan is
om bronne te organiseer en te gebruik om oorvloed te bereik.
Wat volg is sommige van die baie rigtings wat Die Venus Projek voorsien
vir die hele sosiale spektrum.
Vandag leef meer as die helfte van ons bevolking in stede wat besoedeld is,
gevaarlik is en energie mors.
Wat ons moet doen is om 'n stad as 'n lewende stelsel,
n organisme, 'n universiteit te ontwerp,
sodat alle stede van die toekoms universiteitstede sal wees
wat kan groei en voortaan idees kan uitruil.
Die stad sal 'n ingeboude vervoerstelsel hê,
sodat daar geen ongelukke is nie.
en geen onbedinkte areas van tegnologie nie.
Medies, botanies, landbou, die hele stelsel sal een beplanningstelsel wees.
(Verteller) Dit is eintlik beter om nuwe stede van die grond af op te bou
eerder as om die ou stede te onderhou en te herstel.
Fresco gebruik 'n stelsel-benadering met die ontwerp van nuwe stede.
Hulle is gesogte en plesierlike plekke om te leef.
Die opvatting dat intelligente algehele beplanning
dui na ***-eenvormigheid is verregaande.
Stede sal eenvormig wees net tot op 'n punt
waarby hulle ver minder materiale benodig, energie en tyd besparing
en veelsydig genoeg om toe te laat vir innoverende veranderings
terwyl die plaaslike ekologie behou word.
As ons ons stede ontwerp om menslike behoeftes te verskaf
sluit jy meeste hedendaagse probleme uit.
In die sentrale koepel het jy kindersorg,
skole, tandkunde, mediese sorg.
In die produksie en ontwerp van die stede
werk ons 1/8ste van die stadstelsel uit en dan herproduseer ons dit
in plaas van om argitekte te kry om elke gebou en elke struktuur te ontwerp
wat 'n besonderse mors van energie en talent is.
(Verteller) Wanneer ons werk aan die behuisingsprobleem vir die wêreld se bevolking
sal konstruksie tegnieke baie verskillend wees teenoor dié in vandag se gebruik.
Uitgedrukte en selfbouende strukture kan
konstruksieprosesse bespoedig en revolusionariseer.
Hierdie liggewig, duursame woonstelle kan geproduseer word as voortdurende uitreikings
en kan dan verdeel en geplaas word deur die reuse masjiene.
Die uiterlike dop van hierdie doeltreffende strukture dien as fotovoltaïse kragopwekkers
en hittekonsentreerders.
n Mens besit niks in hierdie gemeeskap nie.
Mense wil nie rêrig geld hê nie.
Hulle wil toegang hê tot dinge wanneer dit hulle pas.
Mense in 'n gemeenskap van oorvloed, met toegang tot dinge
sal nie meer dinge stoor en versamel nie.
Ons herwin dit, vernuwe en verbeter dit.
Neem die materiale van 'n ou kar;
dit weeg net soveel soos 'n nuwe kar, so daar is geen ou karre nie.
Ou karre beteken gevaar.
As jy 'n baie duur kar bestuur en iemand anders bestuur 'n ou skedonk
en hulle brieke misluk, kan jy sterf.
Ons wil nie enige ou karre op die snelweg hê nie;
ons wil nie enige iets hê wat afbreek nie.
Ons wil niks hê wat versorging benodig nie.
(Verteller) In 'n Bron-Gebaseerde Ekonomie, kan mense toegang
hê tot enige produkte wat hulle benodig sonder die las
van aankoop, instandhouding of versekering van hul besittings.
Op hierdie manier is daar baie meer vir almal
en produkte is altyd beskikbaar wanneer benodig word.
Enige iets wat mense kan benodig is beskikbaar in hierdie uiterlike toegangskoepels:
beeldhou materiale, musikale instrumente,
ietwat soos 'n publieke biblioteek.
Jy kan hulle besoek en toegang hê tot 'n kamera, 'n fiets, of 'n polshorlosie.
Enige iets wat mense benodig is beskikbaar sonder 'n prysmerk.
Dit sal beteken dat ons 'n vlak van produksie moet bereik wat so hoog is
dat skaarsheid nie meer bestaan nie.
Dit sal meeste misdaad voorkom.
Daar is geen manier om die huidige stelsel te verdeel of om dit regverdig of gelyk te maak nie.
Ons moet 'n stelsel skep wat menseregte waarborg.
Wanneer almal gratis toegang het tot goedere en dienste
hoef jy nie te veg vir vroueregte of swartregte nie.
Dit is outomaties in 'n gemeenskap wat so opgestel is.
Jy hoef nie wette te maak soos: 'Moenie steel nie'
want dit sal daardie gedrag omseil.
Rondom die sentrale koepel het jy die navorsingsentrums,
sentrums wat werk doen wat van toepassing is
op die volhoubaarheid van die hele gemeenskap.
Soos ons weg beweeg van die navorsingsentrums
kom ons by die ontspanningsarea
wat tennisbane en al die speletjies wat mense benodig, het.
Soos ons daarvan weg beweeg kom ons by die residensiële gebied;
daar is strome, watervalle en mere dwarsdeur die area.
(Verteller) Ons kan 'n groot verskeidenheid unieke huise en woonstelle voorsien
wat betreklik onderhoud-vry, brandbestand,
en bykans ondeurdringbaar tot weerstoestande is.
Soos ons aanbeweeg na die volgende afdeling kom ons by woonstelle.
Die rede hoekom sommige mense in woonstelle wil leef
is omdat jy dramagroepe, gimnasiums,
mediese sorg, tandheelkundige sorg; alles in die sentrale toring ingebou het.
Ek voel dat mense in die toekoms weg sal beweeg van individuele huise
en in groter komplekse sal bly.
Soos ons uitwaard beweeg kom ons by die binneshuise landbou
van hidroponiese plase.
Dan is daar buitemuurse landbou.
(Verteller) Die stad sal die beste skoon tegnologie
in harmonie met die natuur, soos wind, sonkrag, geotermiese
hittekonsentreerders, piëzoelektriese, golf, temperatuur differensiële,
termiese oseaan vente en baie meer toe pas.
n Masiewe ontwikkeling vir energie-opwekking in die toekoms
is moontlik die konstruksie van 'n landbrug of tonnel wat die Bering Seestraat oorskry.
Hierdie onderwater strukture omskep 'n deel van die oseaan strome
deur turbines om sodoende skoon vorms van krag op te wek.
Deur van hierdie bronne van energie gebruik te maak kan ons die Aarde met skoon energie aandryf
en alle mense in staat stel om 'n hoë lewenstandaard te geniet
vir duisende jare vooruit.
Daar is geen rede vir die gebruik van besoedelende koolwaterstof meer nie.
Besoedeling sal 'n ding van die verlede wees.
Alle vervoer sal geïntegreer word in
in 'n wêreldwye vervoerstelsel.
Vervoer binne stede sal wees deur vervoerbande.
Stad-tot-stad vervoer sal deur monospoor wees.
Maglev treine word gebruik vir langafstand reise.
Om doeltreffendheid te verbeter, is hierdie hoë-spoed maglev trein
berus met verweiderbare afdelings
wat ontkoppel kan word terwyl die trein beweeg.
Vliegtuie sal 'n weie verskeidenheid aanpassings vertoon.
Hierdie VOL vliegtuie (of Vertikale Opstyg en Landing)
word gebruik om passasiers en vrag te vervoer.
Die prioriteit is veiligheid eerder as geldbesparing
of onderhandeling met die laagste biëer.
Hierdie modulêre vragskip bestaan uit ontkoppelbare afdelings
wat vinnig belaai of ontlaai kan word.
Die hoeveelheid afdelings verskil afhangend
van die hoeveelheid vrag wat moet afgelewer word.
Wanneer al die modules gekoppel is, kan hulle as 'n enkelstuk gedrewe word.
Skepe kan drywende vervaardigingsplantasies wees
wat produkte vervaardig terwyl hulle oppad is na hul bestemmings.
Hulle kan ook dien as onderwys sentrums
waar kinders en volwassenes wêreldwyd reis en innoverende opvoeding
deur ondervinding en interaksie met die 'ware wêreld' omgewing ontvang,
in plaas van middelike studie.
n Nasionale vervoerstelsel sal 'n netwerk van waterwëe,
kanale en besproeiingstelsels insluit.
Dit sal dien tot nie minimalisering van vloede en droogte
terwyl dit toelaat vir die migrasie van vis, die voorsiening van natuurlike brandbane,
noodvallige waterbronne, visplase en ontspanningsareas.
(Roxanne Meadows) Wanneer ons wetenskap en tegnologie
direk in die sosiale stelsel los laat
sonder die beperkings van die mark, finansies of patente,
kan ons 'n hoë lewensstandaard bereik
binne 'n kort hoeveelheid tyd.
Die gemeenskap sal konstant verbeter,
vinnig deur nuwe tegnologië, uitvindsels en idees verander.
Dit sal 'n ontluikende gemeenskap wees
eerder as 'n gestigte een soos vandag.
(Verteller) Verbeel jou jy leef in 'n buitewêreldse oseaniese stad
wat help om die oseaan te herstel
terwyl dit land-gebaseerde bevolkingsdruk uitskakel.
Hierdie stede in die see dien as universiteite en navorsingsentrums
waar studente marienewetenskap studeer.
Hulle kan gebruik word oseaan boerdery, marikultuur en mynbou
terwyl hulle 'n dinamiese balans in die oseanografiese omgewing behou.
Selfonderhoudende stede in die see verskil in ontwerp
afhangend van hul ligging en funksie.
Die onderseese observasie-stasie laat mense toe
om die seelewe in hul natuurlike habitat te beskou.
Hierdie marikultuur- en seeboerderystelsels
kultiveer en groei vis saam met ander vorms van seelewe
om die voedingsbehoeftes van die wêreld se mense te help bekom.
Hierdie strukture laat die vrye vloei van water dwarsdeur toe.
Deur tegnologie op hierdie wyse te gebruik, is dit moontlik vir 'n wêreldwye gemeenskap
om sosiale bevordering en wêreldwye herbouing
in die kortste moonlike tyd te bereik.
Eutopia, as dit ooit gestig word, sal sterf, sal stagneer;
terwyl waarvan ek praat is 'n onwikkelende
of ontluikende kultuur.
Ek het geen idees van 'n perfekte gemeenskap nie. Ek weet nie wat dit beteken nie.
Ek weet ons kan baie beter doen as wat ons het.
Ek's nie 'n Eutopiër nie. Ek is... 'n humanis
wat graag wil sien dat almal in warmte en harmonie kan leef.
Maar ek weet dat as ons nie so kan lewe nie, sal ons mekaar dood maak
en die Aarde vernietig.
(Verteller) Hierdie nuwe leefstyl, wat ontspanning en rekreasie bied
sal ook kennis en kreatiwiteit vir almal verbeter.
Die mate van sukses sal die vervulling van eie belangstellings wees
eerder as die aanskaffing van rykdom en self-gesentreerde doelwitte.
n Bron-Gebaseerde Ekonomie sal nie net ons omgewing verander,
dit skoon, doeltreffend, en plesierig maak nie,
maar sal ook 'n nuwe waardestelsel voorstel
wat toepaslik is tot die rigting en doelwitte van die nuwe innoverende benadering.
Met onderwys en bronne beskikbaar
sal daar geen beperking vir menslike potensiaal wees nie.
Almal sal vry wees om enige konstruktiewe veld van onderneming
waarin hy of sy belang stel na te volg,
sonder die huidige ekonomiese beperkings.
Ons is nou by 'n punt waar besluite geneem moet word
indien ons wil ontwikkel vanaf ons huidige kultuur van skaarsheid,
verspilling en omgewingsverwoesting
na 'n ouderhoubare gemeenskap van ekologiese besorgdheid en oorvloed.
n Nasie sonder 'n visie van wat die toekoms kan wees
sal verseker die foute van die verlede
oor en oor herhaal.
Ons sê oneerlik
dat mens die hoogste vorm van evolusie is, soos wat in die skole geleer word.
Die mens vernietig die oseane, die visse, die atmosfeer en mekaar.
Die mens vlieg oor 'n stad, druk 'n knoppie
en verbrand almal in die stad met kernwapens.
Is hy die hoogste skepping van die natuur? Nog nie!
In my opinie. Het ons 'n lang pad om te stap.
Ons kan paradys op Aarde ontwikkel, of toegee aan vergetelheid;
onsself uitwis. Net die toekoms sal kan sê.
Dit is wat jy doen wat die toekoms bewerkstellig.
(Verteller) Ons kan 'n wêreld skep waar oorlog en begeertes verre herinderinge is.
Wanneer al die wetenskap en tegnologie gebruik word
binne 'n wêreldwye Bron-Gebaseerde Ekonomie
vir die beskerming van die omgewing en die welsyn van almal,
net dan sal ons verstaan
wat dit beteken om 'n ware beskawing te wees.
Word deel van die groeiende gemeenskap van mense
wat hard werk om die doelwitte van Die Venus Projek 'n realiteit te maak.
Word deel van ons poging om hierdie visie van 'n positiewe toekoms
na 'n wyer gehoor te bring deur die doel van 'n voledige rolprent.
Al hierdie dinge kan gebou word met die kennis wat ons vandag besit.
Dit sal 10 jaar vat om die oppervlak van die aarde te verander,
om die wêreld in 'n tweede Tuin van Eden te omskep.
Die keuse lê by jou. Die waansinnigheid van 'n kernwapen resies,
die ontwikkeling van wapens, om jou probleme polities te probeer op los
deur hierdie of daardie politiese party te verkies,
alle politiese partye is gedompel in korupsie.
Ek sê weer: Kommunisme, sosialisme,
fasisme, die demokrate, die liberale.
Daar is geen Neger probleme, Poolse probleme, of Joodse probleme,
of Griekse probleme, of vroulike probleme nie. Daar is menslike probleme!