Tip:
Highlight text to annotate it
X
Hey, ek is Sterling, en ek wil die belangrikheid van wat Jesus vir ons gedoen het, in alle waarheid, met betrekking tot ons sondes, illustreer.
Ek het twee vriende hier, Chris en Zach. Hulle hou hulle 'beker van die lewe' hier,
en Romeine 5:12 stel dit dat die sonde deur een man die wêreld binnegekom het en dus nou op die hele mensdom is.
Ons het hierdie 'sonde vlek' in ons lewens. Elkeen van hierdie druppels verteenwoordig 'sonde' en hulle is giftig.
Ons is almal bevlek met sonde. Romeine 3:23 neem dit een stap verder -- want ALMAL het gesondig en kom kort teen die glorie van God.
Kom ons sê Chris hier -- hy het 'n paar dinge gedoen en jy mag hulle dalk 'n bietjie meer 'onskuldig' bedink...
Miskien het hy 'n paar 'wit leuntjies' vertel, gelieg vir sy ouers, gekroek op 'n toets, watookal die geval...
Kom ons sê Zach hier het alles in sy vermoë gedoen om soveel as moontlik teen God te sondig (genadiglik is dit nie die geval in realiteit nie).
Paulus brei uit dat daar 613 gebooie is in die Ou Testament.
Dit is nie net die Tien Gebooie nie! Ons word in die Ou Testament opdrag gegee om 'n hele klomp dinge te doen --
en tog was dit die Wet -- die Tugmeester wat ons oplei na die genade wat gekom het deur Jesus Christus.
Kom ons sê Zack het elke een verbreek -- 'n groot gulp van sonde -- en steeds is albei dieselfde kleur. Ons is ALMAL skuldig aan sonde.
Eintlik as resultaat, by die Veroordeling, wat God doen is dan vra: 'Drink wat in jou hand is.'
Nou, wat het Jesus vir ons gedoen?
In Zach se geval, as hy kom en wegdraai van sy sonde (vra vir vergifnis, en reg lewe),
en hy verruil sy beker met Jesus s'n...
Jesus het 'n suiwer en sondelose lewe gelei. Let wel dat daar geen rooi hier in is nie!
Daar is geen giftige druppels nie -- geen sonde -- en Jesus was geheel en al aanvaarbaar vir God die Vader.
Hy was die suiwer offer wat God vir ons gegee het.
Wat Jesus gedoen het vir ons almal is dat deur geloof in Hom, die aanvaarding van Sy Geskenk,
Hy al ons sonde opgeneem het. Die selfde is waar vir Chris...en vir my, en vir jou!
Chris kan ook, deur hoop en geloof in Jesus Christus, sy sonde vir die geregtigheid van Jesus Christus verruil.
2 Korintiërs 5:21 ilustreer dit mooi --
"Hy wat geen sonde geken het nie het Hy sonde gemaak vir ons, sodat, in Hom, ons die geregtigheid van God kan word."
Mag ons hierdie waarheid liefhê en aanneem! Deur geloof in Jesus Christus kan ons leef in reinheid.
By die Veroordeling (ons hoef nie *** te wees vir die dood nie), hoef ons nie *** te wees as ons vergewe was deur Jesus Christus nie.
Ek hoop dit was 'n seën vir jou en God seën vir jou. Mag ons daardie waarheid aangryp en mag ons suiwer bekers hê wanneer ons voor Hom staan. Amen!