Tip:
Highlight text to annotate it
X
Ek het baie verskillende mense in my lewe. My universiteitsvriende, my familie, my kollegas
en my fietsvriende -- om maar net 'n paar te noem.
Ek het baie om te deel, maar ek wil nie alles met almal deel nie.
Wat as die deel van dinge aanlyn meer soos verhoudings in die regte lewe was, waar jy
kies wie wat mag weet?
Met Kringe kan ek my partytjiefoto's met my universiteitsvriende deel.
Of my avonture met my fiets met my fietsryspan deel.
En ek het wonderlike foto's van my suster se gradeplegtigheid geneem, so ek wil seker
maak dat my familie dit sien.
Om kringe te skep is regtig eenvoudig.
Wanneer ek mense by kringe op Google+ voeg, sal hulle sien dat ek met hulle verbind het,
maar hulle sal nie sien in watter kring ek hulle gesit het nie.
En ek wil nie altyd elke keer almal se opdaterings lees nie. So Kringe help dat ek die
geraas uitsny deur net die mense te kies van wie ek wil ***.
Kringe laat jou toe om te deel wat saak maak, met die mense wat saak maak.
So laat daardie danspassies deurkom: Tannie Retha hoef nie te weet nie...