Tip:
Highlight text to annotate it
X
Welkom by Google+ Meer oor hoe jy kan begin sodat jy alles wat daar is om te sien en te doen, kan geniet
Eerstens sal jy jou profiel wil opstel. Klik die profielikoon aan die linkerkant. Jy kan altyd in die toekoms van hier af na jou profiel terugkeer.
Klik net hier op die profielfoto om 'n foto van jouself te kies waarvan jy hou. Jy kan 'n foto vanaf jou rekenaar oplaai of een kies wat reeds op Google+ gestoor is.
Volgende, kry mense wat jy ken en voeg hulle by jou kringe.
Jy kan jou kringe wysig deur die mense-ikoon aan die linkerkant te klik.
Kom ons voeg familielede by 'n kring
Klik eenvoudig op elke familielid en sleep hulle na die familiekring.
Sodra jy die regte mense in jou kringe het, is jy gereed om te deel
Sommige dinge in jou lewe is net vir spesifieke mense bedoel. Soos foto's van 'n verjaardagpartytjie.
Google+ laat jou deel met net die mense wie jy wil.
Jy sal sien hoe jou familie reageer op die dinge wat jy met hulle deel deur hulle +1'e en opmerkings.
Dis al wat jy nodig het om aan die gang te kom. Probeer dit nou self.