Tip:
Highlight text to annotate it
X
Ek is mal daaroor om ’n pastoor te wees.
Jy kry die kans om ’n pad met mense in die beste
en slegste van tye te stap.
En oor die jare het ek met alle soort mense te doen gekry
in alle soorte omstandighede.
En dit was my vreugde om hulle ’n gevoel van hoop te gee.
Ons sou elke Kersfees die Fees van Liggies hou.
Vir my was Kersfees werklik die opwindendste tyd van die jaar.
Dit was familie en vriende en geskenke en bome en krippe.
Maar bowenal was Kersfees oor hoop, geluk en vrede.
Dit was opbeurend en opwindend.
Maar dit was die Kersfees wat ek gehoor het,
ek is besig om te sterf.
Ek het gedink, "Hierdie sal my laaste Kersfees wees."
Ek wou nie my gesig by die Fees wys nie.
Ek wou nie mense sien nie,
tussen mense wees wat my vra hoe dit gaan nie.
Ek wou nie gaan nie.
Ek wou alleen by die huis sit.
My vrou het gesê, "Jy moet gaan.
Mense het nodig om te *** wat jy te sê het."
ALS, of Lou Gehrig se Siekte, is ’n degeneratiewe siekte,
wat beteken dat dit erger en erger word.
Uiteindelik beïnvloed dit hoe jy sluk, kou, asemhaal,
en wanneer jou longe ingee, dan sterf jy.
Hulle weet nie wat dit veroorsaak nie en daar is geen geneesmiddel nie.
"Basies," het hulle gesê, "jy het twee tot vyf jaar om te leef."
My vrou het die hande in my lewe geword
wanneer my hande nie reg werk nie.
Ek wou my dogter sien trou,
saam met haar in die paadjie afstap,
ek wou my kleinkinders sien grootword.
Ek was al tussen mense met voedingsbuise en ventilators,
en wanneer ek só iemand sien,
sien ek ’n weerkaatsing van my eie toekoms.
Wanneer jy *** dat jy sterf en die sterfproses aaklig is,
is daar nie vir jou baie hoop nie.
Ek wou nie na die Fees gaan nie,
en my vrou het gesê, "Jy moet gaan."
Ek klim toe in my bakkie.
Terwyl ek bestuur, lui my foon, en dis Billy wat praat.
Billy het meer goed wat met hom verkeerd
is as meeste mense wat ek al ontmoet het.
Hy was vir meer as 20 jaar aan heroïen verslaaf.
Hy is MIV positief.
Hy het hepatitis B.
Hy is al deur kanker.
Maar hy leef nog.
Ons het gepraat, en ek het hom vertel van wat aan die gang was.
En hy het ’n soort hoë New York-aksent.
Hy sê, "Hei, jy moet ’n Yogi Berra Christen wees."
En ek ***, "Wat?"
Ek het geen, geen idee gehad waarvan hy praat nie.
Hy is ’n bietjie eksentriek om die minste te sê.
Toe vra ek hom, "Wat bedoel jy?"
Hy sê, "Dis nie verby tot dit verby is nie."
Billy het die ergste van die ergste.
Sy vrou is in sy arms dood.
Hy het sy seun tot op hede nog nie gevind nie.
Maar ten spyte van dit alles is hy hoopvol.
Elke mens weet dat hy/sy gaan sterf.
Die verskil is ek voel dit met elke sametrekking van my spiere.
Ek voel dit in die diepte van my wese.
En ek het besef ek was besig om te sterf omdat ek opgegee het.
Ek het my lewe as verby beskou,
maar dit was nie.
Die dokters het my twee tot vyf jaar gegee.
Dit was meer as 10 jaar gelede.
-Hi, hoe gaan dit? -Dit gaan goed.
Dis goed om jou te sien. Dankie dat jy hier is.
As ek opgegee en gaan lê het,
dan sou ek nooit saam met my dogter in die paadjie kon afstap nie.
Ek sou die geboorte van al vyf kleinkinders gemis het.
Ek sou sê dat Billy se oproep
God was wat met ’n New York-aksent met my gepraat het.
Billy, van alle mense, moes sy lewe as verby beskou het,
maar hy het gesê, "Dis nie verby tot dit verby is nie."
En ek het besef daar is ’n diepe waarheid daarin.
Ek kan nie die New York-aksent soos hy doen nie.
Dis reg.
Ek het nie nog ’n Kersfees verwag nie, en nou het ek al 10 gehad.
En hoe meer ek het, hoe meer wil ek hê.
Ek het my lewe om te deel, my eie storie om te deel.
Eendag sal dit verby wees,
maar dis nie oor hoe lank ek oor het nie,
maar eerder oor hoe ek die tyd spandeer wat ek wel het.