Tip:
Highlight text to annotate it
X
Die Einde van die Pad
Vir hom is dit die einde van die pad.
Dit is afgehandel.
Die tyding is gedra op die vleuels van ‘n wind
Onwillig om die las oor te dra
Nelson Mandela het by die einde van die pad gekom.
Die tyding so verwags en steeds so onwelkom
Het ons hier in Amerika bereik en skielik
Was ons wereld somber.
Ons uitspansel lood swaar
Hy het by die einde van sy pad gekom.
Ons kyk toe hoe julle, die mense van Suid-Afrika
Sprakeloos toekyk hoe
Die laaste deur finaal toeklap en weet
Geen reisiger keer daarlangs terug nie
Ons gedagtes is met julle
Bantoe, Zoeloe, Xhosa, Boer
Ons *** aan julle
En aan julle Seun van Afrika
Jul vader en as een van julle
Nog ‘n Wonder van die Wereld.
Ons diepste wese reik uit na julle
Waar ons *** aan
Julle Dawid wat alleenlik maar
Gewapen met ‘n klip
Die Magtige Goliat kon aandurf,
Man van kragtige Gideon,
Triomferend uit die stryd
Gebore in die brutale omhelsing van Apartheid
Gebrandmerk deur die barbaarse atmosfeer van rassisme,
Onregverdig opgesluit
In die bloedige kake van die kelders in Suid-Afrika.
Sal die man oorleef?
Kan die man oorleef?
Sy antwoord het krag aan manne en vroue
Regoor die wereld gebring.
In die Alamo in San Antonio, Texas
Die Goue Poort Brug in San Francisco,
In die sirkel van Chicago
By die Mardi Gras van New Orleans
In die Times Square van New York
Het ons toegekyk hoe die hoop van Afrika
By die tronk deure uitbreek
Met sy hart van daadkrag onverswak
Met die wil van ‘n kolos
Ongeskonde en robuust
Die geweldenaars kon hom nie verwond
En die vlam van sy passie vir die regte
Van mense
selfs na sewe en twintig jaar in aanhouding
Nie uitdoof nie
Selfs hier in Amerika
Kon ons die koel
En verfrissende wind van vryheid aanvoel
Toe Nelson Mandela
Sy plek ingeneem het en op
Die stoel van president
Van sy land gaan sit het
Hy, wat nie eens vry was om te stem nie
Is ons verruim deur trane van trots
Toe ons kon toekyk hoe Nelson Mandela se
Eertydse tronk bewaarders
Sy hoflike uitnodiging tot bywoning
Kon aanvaar en vanuit die voorste gestoeltes
Sy inhuldiging kon meemaak.
Ons het toegekyk by sy ontvangs
Van die wereld se toekenning in Noorweë
Met die grasie en erkentlikheid
Van Solon in die Antieke Romeinse Howe
Met die selfvertroue van Afrika Hoofde
Uit die tye van antieke glorie.
Geen son oorleef die sonsondergang nie
Maar dit sal weer herrys
En opnuut die daeraad bring
Ja, vir Mandela is dit die einde van die pad.
Maar steeds sal ons, sy erfgename
Die hekke steeds wyer will oopgooi
Op die pad van versoening en ons sal
Ruimhartig antwoord op die krete van
Swart en Wit, Asiaat, Spaans Amerikaans,
Die armoediges wat ‘n bejammeringswaardige
Bestaan op die vloer van ons planeet moet voer
Hy het ons sy begrip gegee
Ons sal nie vergiffenis weerhou nie
Selfs van hulle wat nie daarom vra nie
Vir Nelson Mandela is dit die einde van die pad
Ons erken dit met hartseer in ons stemme
Maar tog wil ons hard en duidelik sê
Dankie.
Dankie, Ons Gideon.
Dankie, Ons Dawid.
Ons groot en en dapper man
Ons sal jou nie vergeet nie
Ons sal nie jou nagedagtenis onteer nie
Ons sal met vreugde onthou
Dat jy onder ons geleef het
Dat jy ons onderrig het
En dat jy ‘n ieder en ‘n elk van ons
Liefgehad het!